Hoekom Coloureds Altyd Die Bos Blomme by Troues Vat

Advertisement

Die Kaap is ryk aan sy verskeidenheid van kulture en rassegroepe en een van hulle is die “bruin mense” of sogenaamde “Kleurlinge”.

Vanaf Bonteheuwel tot in Mitchell’s Plain, Elsiesrivier tot in Malmesbury, is die goedgesindheid en lewenslustigheid van die inwoners as’t ware aansteeklik, maar o wee……waar kom hierdie eienaardige kultuur vandaan en se ‘n bietjie……waarom die blomme, wat veronderstel is om as versiering te dien, vat……..nog voordat die onthaal oor is?

Duisend  jaar gelede was daar ‘n slaaf, Nqabane, wat Nederland toe gestuur is.  Hy is verkoop en het op ‘n suikerplantasie gewerk.  Sy baas, Marius Schroeder, kon nie sy naam uitspreek nie en het hom summier onder die naam “Julies” laat registreer (die naam kom van Julie, die maand van sy geboorte).

Wanneer Julies in Marius se plantasie begin werk, het hy en Marius se dogter, Suzette, verlief op mekaar geraak.  Kort daarna, het Marius en sy familie met Julies Kaap toe getrek en op die boot het die liefde tussen die slaaf en die Duitse nooi al hoe sterker geword, soveel so dat sy swanger geraak het.  Onder die omstandighede was dit dus moeilik om die swangerskap geheim te hou.  Toe die kleintjie gebore word, was dit so duidelik soos daglig dat Julies die pappa was……hy was koffie-bruin.

Gevolglik het Marius aanbeveel dat Julies doodgeskiet moes word en sy liggaamsdele in Elsies-, Kuils-, Eerste-, Sout- en Lotusriviere gegooi moes word.  Suzette het van sy wrede voornemens bewus geword en het onmiddellik ‘n troue met Julies gereel op die plein van Koning Mitchell.  Na die huweliksplegtigheid voltrek is, het Marius se soldate hulle opgespoor en Julies vermoor.


Suzette het haar blomme gehou ter herinnering aan Julies en die vurige liefde wat hulle gedeel het.  Marius het toe Suzette se baba van haar weggeneem en die op Bishop Lavis se stoep gelos.  Die bos blomme (wat later Pot-pourrie geword het) was haar enigste troos en dit was nie lank nie of sy pleeg selfmoord.

Haar seun het baie kinders gehad en die Julies familie het regoor die Wes-Kaap versprei.  By troues vat “kleurlinge” steeds ‘n bos blomme ter nagedagtenis aan die liefde van Julies en Suzette.  Die bos blomme is ‘n simbool van die February, Maart, April, May, Julies, September, October en Jantjies (almal kleurling vanne) erfdeel en alhoewel die blomme geneem word om hul sitkamers te versier, is dit eintlik ‘n eerbetoning aan die “mag van liefde”.

As jy dus ‘n troue in Bonteheuwel, Elsiesrivier, Belhar, Mitchells Plain, Soutrivier, Eersterivier of Kuilsrivier bywoon, moenie skaam wees nie, vat gerus ‘n bos blomme…..almal doen dit!  Dit is slegs ‘ soete herinnering aan “Liefde is Blind”  (maar as jy nog “barrakat” of “mint imperials” ook vat, dan is jy ‘n kind van “Gam”)

 

Comments are closed.