Ek kô van ‘n klein dorpie innie Suid-Kaap, ‘n plekkie waa ammel vi ammel ken. Diè plekkie is famous vi sy mooi berg: Sleeping Beauty (Google haa) en sy interesting mense.
Soes enige dorp of stad het ammel maa sy eie goetetjies wat hulle aan lee en gewoond aanraak. In Riversdal het ek gelee brei (dis wannee iemand die lette ‘r’ agte in sy keel maak i.p.v voo tussen sy tong en vehemelte rol).
Ek beskou brrrei as ‘n spesial way van prrraat, wan ek mean maa, nie ammel kan ‘r’ soe lekkerrr sê nie.
In 2011, soes allie Plattelandes maa doen, trek ek oek toe maa Kaap toe om te kô study. En for some reason het ammel hie vi my gesê ek praat annes. Initially het ek bietjie uitgevoel as daa jokes gemaak wôd van my, toe besef ek dis actually wat my annes maak in ‘n grote stad soesie Kaap. Whether djy brei of nie, sê nogsteeds jou sê!
Dis ‘n hele ag jaa late en ek brei nog once!
