Labarang, Engagement Drama ennie Barakat

Picture: Supplied
Advertisement

Hoe move ’n familie an na die dood van ’n pa? Dai issie vraag annie centre van Suid-Afrika se eeste Muslim movie in Kaaps.

Wanne Aisha Davids beslyt om ja te sê virre marriage proposal, moet sy vinnag an ‘n plan dink ommie nuus an haa vie seuns voo Labarang oo te dra. Die ienagste probleem is haa twie oudste seuns hettie oeghare vi mekaa nie, en kan skaas oppie selle tyd saam innie selle kame wies.

Maa haa groot announcement wôd gespoil wanne die skinnestorie van haa niewe stukkie by hulle ytkom. Die broes likes glad ie die idee nie, en kô hystoe om roctions te maak. Dis nou in Aisha, haa veloofde en skoondogtes se hanne ommie seuns te convince van haa liefde deerie één ding te gebryk waa oo ammel kan saamstem: die barakat.

Barakat, ‘n Arabiese wood wat seën betieken, isse storie oo die celebration van liewe, culture ennie importance van familie.

Barakat the Movie will be released nationwide on 28 May 2021

Veteraan aktrise, Vinette Ebrahim, speel ie rol vannie family matriarch, Aisha Davids, tewyl haa vie seuns dee Joey Rasdien, Mortimer Williams, Keeno-Lee Hector en Danny Ross gespeel wôd. Die cast slyt oek Quanita Adams, Bonnie Mbuli, Leslie Fong and June van Merch in. Met cameos dee Loukmaan Adams, Maurice Paige enne paa anne famous gesigte.

Barakat was in Lansdowne en Athlone geskiet en feature die local community ennie local masiet. Die ethos agterie storie het dee die produksie oek gefilter, en meeste vannie crew is self Muslim. Ommie tradition van Jumu’ah te respect het niks filming op Vrydae plaasgevind ie. Dit was belangrik virrie filmmakers se intention ommie Cape Muslim tradisies en cultures innie way die film gemaak was, te respect.

Die script se writing-producing span, Amy Jephta and Ephraim Gordon, het hulle debut byrie 2017 kykNET Silwerskerm Festival met hulle kôt film SOLDAAT gemaak. Vi dai movie het hulle Best Screenplay and Best Short gewen.

Jephta, isse director en skrywer, sy’t South Africa se official 2018 Golden Globes submission virre Foreign Film, Ellen: The Story of Ellen Pakkies, geskryf. In 2019, was sy die Standard Bank Young Artist of the Year vi theatre en sy’t oppie Mail & Guardian se 200 Young South Africans list gefeature.

Actor en director, Ephraim Gordon was in Nosipho Dumisa se Nommer 37 en was al director van local shows soes Sara Se Geheim en Suidooster.

Deur PaperJet Films, wil Jephta and Gordon stories vetel wattie narrative vannie Cape Flats shift en focus weg shift vannie stories van violence wat gewoonlik ytgebeeld wôd.

Dit was important virrie span ommie Cape Muslim community in a positive light yt te beeld. Gordon sê, “Die Kaap is ‘n melting pot van cultures, en daas soe baie diversity in ôsse communities. Ôs wil vi mense wys, maakie saak wat jou geloef issie, djy kan trots wies op jou heritage.  Djy kan sê ‘Dais my mense’. Daas mee as een side an ôs community”.

Jephta sê, “Dit was belangrik vi ôs dat ammel innie movie authentic Kaaps praat die way wat dit klink tussen ôs vriende en familie.  Die script is vol sê-goedjies en woore wat unique is an ôs culture. Ôs wil wys wat dit mean om vannie Flêts te wies, maa dee ‘n anne lens.”

Die movie se cultural experts was Abduragman Adams, Yazeed Kamaldien, Khalil Kathrada, Moeniel Jacobs, Ayesha Khatieb, Jawaahier Petersen, die Crescent Observer’s Society, Imam Yusuf Pandy en Farouk Valley Omar, wie ammel vannie local community afkô. Hulle’t gefunction as advisers vi Jephta and Gordon om sieke te maak ie screenplay bly respectful mettie cultural en religious details.

Met hulle hulp kon Jephta en Gordon die production met sensitivity anpak. Jephta het direct, tewyl Gordon responsible was virrie production kante.

Hulle sê die movie focus oppie Davids family se dramas, maa is nogsteeds snaaks en gripping.

Maak sieke djy wiet what kine innie land van Barakat the movie, follow hulle socials vi release dates en nog anne kwai content en soe antes:

  • Facebook: Barakat The Movie
  • Instagram: @barakatmovie
  • Twitter: #BarakatMovie

2 COMMENTS

Comments are closed.